Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Liesl Jobson

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Afrikaans’ Category

My Ouma se taal

Daar is ‘n verlange in my bewustheid, ‘n ontwaking wat my hart prikkel. Dis ‘n diepe gevoel wat los my nie uit nie. Maande of jare het ek die sintuig sonder ‘n naam verwaarloos, die ongesoeke ding wat my pla. Miskien verdwyn dit binne ‘n uur of ‘n week. Kan dit wees dat die klein onverwagte en onbeminde stemmetjie het my hele lewe gefluister? Sal dit ooit kan stilbly as ek dit aanhoudend ignoreer? Ek verstaan nie die mening hiervan nie, maar daar’s geen twyfel dat ek moet probeer om Afrikaans te skryf.

Het dit iets te doen met my onlangse duiselingwekkende rigtingsverandering? Die laaste twee jare wou ek uittrek Kanada toe. Ek het alles beplan en geld uit die land gestuur. Verlede November besef ek (nadat ek oor die R100 000 betaal het) dat ek kan nie aan nie, en besluit om liewers huistoe te kom, terug na die Kaap waar ek van my kinderjare gepas het. Roer my ouma my bloed? Roep sy my naam?

Ek het nooit Amelia “Millie” Jobson (gebore Wege) ontmoet nie en daar is nie ‘n enkele foto van haar wat word in my ouers se huis vertoon nie. Ouma Millie is oorlede in haar vroeer-vyftig jare toe my pa elf jaar oud was. Vier van haar ses kinders is oorlede – twee het saam verdrink. Was dit borskanker of ‘n gebroke hart wat haar so vroeg weggeneem het?
(more…)


» read article